Totsiens Ouma Maggie

Ouma Maggie Bootha is verlede week in die hoë ouderdom van 90 jaar oorlede.

THABAZIMBI – Ouma Maggie Bootha (90 jaar), ‘n ou inwoner van die Bosveld is op Dinsdag 2 Maart oorlede.

Sy was ‘n inwoner van Tambotie Versorgingsentrum vir bejaardes vir die afgelope 18 maande. Tannie Maggie en haar man, oom Hennie, wat vyf en ‘n half jaar gelede oorlede is, het die fabriek Hema Klampe gehad waar sy gehelp het in die fabriek tot in haar vroeë tagtigs. Sy laat haar seun, Bol, en dogter Marié, ses kleinkinders en drie agterkleinkinders na.