General

Kleine vingerafdrukkies

THABAZIMBI – Die Gr 1 leerders van Laerskool Thabazimbi het op Dinsdag 16 Februarie hul klein vingerafdrukkies op ‘n sertikaat verewig met die ERA Suid-Afrika se “Kinderprinting” projek.

Hierdie projek is geloods as ‘n diens aan die gemeenskap. Elke kind ontvang ‘n spesiaal ontwerpte sertifikaat met hul vingerafdruk, ‘n foto en selfs ‘n haarlok daarop, wat dan deur die kind se ouers veilig bewaar vir noodgevalle. Indien ‘n kind dan ooit vermis sou raak kan dié inligting help in die identifikasie en effektiewe opsporing van die kind. Die rede waarom vingerafdrukke gebruik word, is omdat foto’s dikwels onduidelik is, en kinders verander so vinnig dat die foto dikwels onbruikbaar word wanneer kinders opgespoor moet word.

Met dié jaarlikse instelling wil die personeel van ERA Thabazimbi graag ‘n positiewe bydrae in die omgewing maak. Belangstellendes is welkom om hul te kontak vir enige verdere navrae, 014 772 2628 of besoek hulle by die ERA Eiendomme kantoor in die Spur sentrum.