Bloedkanker eis 14jarige
THABAZIMBI – Die jong seun van Martin en Lynette van den Heever, Conre van Rensburg, is Maandag 4 Januarie 2010 oorlede nadat hy op 17 September 2009 met bloedkanker gediagnoseer is.
Sy herdenkdiens wat op Saterdag 9 Januarie 2010 by Laerskool Thabazimbi se skoolsaal gehou is, is deur meer as 300 mense bygewoon, waarvan baie van die plaaslike gemeenskap was.
Sy ouers, Martin en Lynette en sussies Evette en Leonette wil graag almal bedank wat in vele fasette betrokke was vir hul ondersteuning die afgelope drie en ‘n halwe maande. Hul besoeke aan huis en in die hospitaal, maaltye en hulp in die huishouding word opreg waardeer. Hul bedank ook graag diegene betrokke by die herdenkdiens vir die gebruik van die skoolsaal, lapa en terrein, die samestelling van die pragtige dvd van Conre en sy maats en ook almal wat bygedra en hard gewerk het vir oorvloedige verversings en items vir die saal. Laastens bedank hul die dokters, Kansa en alle persone betrokke by die verassingsreëlings en die onderskraging van die gemeenskap en vriende.