General

Orgidieë kenner oorlede

LEPHALALE – Die tweede jaarlikse Gospelfees te Lephalale, vind op Vrydag 27 November 2009 te Mogol Rugbygronde plaas.
Hierdie gemeenskapsfees het verlede jaar meer as 3000 voete gelok en word deur organiseerders van binne die plaaslike interkerklike gemeenskap verteenwoordig. Die fees bied ‘n aand van buitelug lofprysing saam met bekende gospelsangers, topgehalte klank en lofprysingsliedere op grootskerm televisietoestelle aan. Die organiseerders het ten doel om die verlossingsboodskap te bring sodat elkeen wat teenwoordig is weer opnuut vervul sal word met hoop en liefde in hierdie Kerstyd. Tesame met dié boodskap, verwelkom die gemeenskap ook elke nuwe inwoner. Kontak Eleen Botha by 083 586 1366 om kaartjies te bespreek.

THABAZIMBI – Oom Chris Mans, inwoner van Thabazimbi, is op Maandag 9 November 2009, na ‘n kort siekbed, aan kanker oorlede.

Oom Chris en tannie Babs het op 9 September 1995 in die huwelik getree en is vanaf Februarie 1996 op die plaas Nooitgedacht woonagtig. Oom Chris was veral bekend vir die lieflike orgidieë wat hy en tannie Babs met groot sorg gekweek het.

Hy laat ook sy dogter, Elsabé, seuns Tian en Henk en vyf kleinkinders na.

Die roudiens vind op Vrydag 13 November 2009 om 11:00 vanuit die Nederduitsch Hervormde Kerk, Thabazimbi plaas.