Northam Hengel sluit af

Hennie Pauw
NORTHAM – Die Northam Plats Hengelklub het die afgelope naweek sy jaarlikse afsluiting gehad.
Wenners is aangewys in twee afdelings, naamlik die beste oor 8 en 12 kompetisies onderskeidelik. Die Algehele Wenners het die hardste gewerk deur die jaar en die meeste punte in hul afdelings ingebring oor 12 kompetisies.
Die Klubkampioene is die wenners oor elke individu se 8 beste kompetisies. Hierdie kategorie is ingestel omdat dit nie altyd vir al die hengelaars, weens omstandighede, moontlik is om al die kompetisies by te woon nie.
Die Algehele Wenners in die Mans Senior Afdeling was Tokkie Burger (eerste), Edwin Aylward (tweede) en  Gerald Burger (derde). In die Dames Afdeling was die wenners Nicolene Heydenrych (eerste), Judith Pretorius (tweede) en Martie Murray (derde).
In die Junior Afdeling was die Algehele Wenners Nico Geldenhuys (eerste), Jaco Geldenhuys (tweede) en Garry Retief (derde). Die Penkoppe se eerste drie plekke is ingeneem deur Theunis Heydenrych (eerste), Johan Niemann (tweede) en Armand Pretorius (derde).
Die wenners in die Klubkampioen-kompetisie, waarin wenners aangewys word in elke hengelaar se 8 beste kompetisies, verskil ietwat van die Algehele Wenners.
Die Klubkampioene in die Senior Mansafdeling was Tokkie Burger (eerste), Edwin Aylward (tweede) en Willem Heydenrych (derde). Die Dames Klubkampioene is Nicolene Heydenrych (eerste), Judith Pretorius (tweede) en Martie Murray (derde).
Die Klubkampioene in die Junior Afdeling is Nico Geldenhuys (eerste), Jaco Geldenhuys (tweede) en Garry Retief (derde). Die Penkoppe se Klubkampioene is Theunis Heydenrych (eerste), Johan Niemann (tweede) en Armand Pretorius (derde).
Toekennings is ook gemaak aan hengelaars wat die grootste spesies tydens die jaar se kompetisies gevang het. Demsie du Toit het die grootste Karp gevang, Frank Lodder die grootste Kurper, Rudolph Dreyer die grootste Barber, Eugene Paulson die grootste Bass en Hendrik Boshoff die grootste Moddervis.
‘n Nuwe komitee is verkies vir die Northam Plats Hengelklub vir 2010. Die voorsitter is Demsie du Toit, ondervoorsitter is Jorrie Jordaan, skakelbeampte is Willem Heydenrych, die tesourier is Leon de Kock en die sekretaresse is Nicolene Heydenrych. Elna Retief, Johan Niemann, Tokkie Burger en Lood Pretorius is as addisionele lede aangewys.
Twee persone, Theunis en Marietta Botha, is gekies om aan die SA’s Meesters Kampioenskappe deel te neem. Dié kampioenskap vind die eerskomende naweek plaas op 14 November.