Sport

Rooiberg Gholfklub samel meeste geld in vir KANSA landwyd

Hennie Pauw
ROOIBERG – Die klein, landelike Rooiberg Gholfklub het landwyd die meeste geld (per ingeskrewe lid) ingesamel vir die Sanlam/Kanker Gholfuitdaagkompetisie wat jaarliks tussen April en Julie dwarsdeur die land gehou word.
Vier gholfklubs in die Thabazimbi-distrik neem jaarliks aan dié gholfreeks deel. Die winste uit die kompetisie word aan KANSA oorbetaal. Na die klubkompetisies, vind daar ook ‘n streeks- en nasionale kompetisie plaas waar wenners vir groot pryse in aanmerking kom.
Bykans 35 575 amateurs van 440 gholfklubs landwyd het vanjaar aan 801 klubtoernooie en 28 streeksfinale deelgeneem. Dit maak die Sanlam/Kanker uitdaagreeks die grootste van sy soort, selfs groter as die Comrades Maraton of die Argus Fietstoer.
Die Sanlam/Kanker Uitdaagreeks se finaal het plaasgevind op 23 en 24 Oktober by San Lameer in Kwazulu-Natal. Slegs 85 spelers het na die finale ronde deurgedring.
Afgesien van die gholf, word daar ‘n kompetisie geloods vir die klub wat die meeste geld insamel per opbetaalde klublid. Rooiberg Gholfklub is as die nasionale wenner aangewys. As prys is vier klublede genooi om na San Lameer te gaan as beloning.
Dié vier lede het hul verblyf gate uit geniet toe hulle BBP behandeling uit die hoogste rakke geniet het.
Volgens Ansie van Heerden, KANSA Waterberg se projekfasiliteerder, is hulle baie dankbaar teenoor Miguel Ferreira, Rooiberg Gholfklub-eienaar en May Coetzee van Rooiberg Gholfklub, vir hulle (uiters suksesvolle) fondsinsamelingspoging op 25 April vanjaar.
Hierdie klub staan jaar na jaar bo aan die lys met hulle poging om van die Sanlam/Kanker Gholftoernooi ‘n sukses te maak.