Gholfdag met musiekfees

THABAZIMBI – Seker een van die grootste gebeurtlikhede by die gholfbaan hierdie jaar het verlede Saterdag op die terrein plaasgevind. Die gholf van die dag en die aand se musiekfees is aangebied ten bate van die twee leerlinge van die Bosveld Akademie wat ‘n paar maande gelede elk ‘n ledemaat in ‘n busongeluk buite Thabazimbi verloor het. Verskeie instansies en indiwidue, te veel om hier te noem, het mildelik bygedra tot die sukses van die dag. Groot dank aan al die borge en veral Jordaan, Retief en Vennote wat die leiding geneem het in hierdie inisiatief. Baie dankie aan almal wat gehelp het om die dag so ‘n sukses te maak.
Die gholf was ‘n volle krabbel (American Scramble).  Daar is dan ook ongelooflike goeie tellings aangeteken. Dit lyk of die wenspanne familie sameswerings was want Melissa, Eugene, Nikkie Oberholzer en G Lemmer wen met ‘n telling van 54 netto houe. Esme, Chappies, John-James Behrens en Barend Gerber was tweede met 55. Jannie van Graan, Mark Lee, Bernie Gous en Henry Bredenkamp met 57 was derde.
Op feitlik elke bof was daar ‘n verrassing in die vorm van eet en drinkgoed wat die gholf vertraag het maar die gees warm en gesellig gehou het. Nie eers ‘n harde reënbui en ‘n kragonderbreking kon die gees die laat middag demp nie en die aand se musiekfees was net so’n groot belewenis. Jean-Mari en Janette, twee belowende jong sangeresse het die verhoog gedeel met die bekende Heinz Winckler en Wickus van der Merwe wat die gaste vermaak het.