General

Gemeenskapsdag vir plaaswerkers gehou

Hennie Pauw
MAKOPPA – Plaaswerkers oor ‘n wye gebied in die Makoppa-area het ‘n suksesvolle bewusmakingsdag oor gesondheid en gesinsgeweld op Saterdag 7 November bygewoon.
Dit is deur die gemeenskapsorganisasie Legae la Bona aangebied op die plaas Makombani van Callie en Erika Lee. Sowat 200 plaaswerkers het die dag se verrigtinge bygewoon.
Bewusmaking oor MIV en TB is deur Planty Manaka en Sharon Mokonyane van die Rooi Kruis gedoen. Inligting is verskaf oor hoe dié siektes oorgedra word en hoe te werk gegaan moet word om met behandeling te begin. Veertien mense het hulle ook op hierdie geleentheid laat toets.
Edward Sosukiya en Martha Molebatsi van Love Life het oor tienerswangerskappe gepraat en die onrusbarende toename daarvan onder plaasbewoners. Daar is ook oor veilige kondoomgebruik gepraat en demonstrasies gegee.
Kaptein Magwai van die Cumberland Polisiestasie het die mense toegespreek oor gesinsgeweld en die aanranding van vroue en kinders. Hy het verduidelik dat ‘n klagte gelê kan word teen familielede wat geweld gebruik en dat beskuldigdes in hegtenis geneem word, veral as daar opvolgende klagtes gelê word.
Daar is ook gepoog om die plaaswerkers meer inligting te gee oor die beskikbaarheid van toelaes en hoe om dokumentasie te bekom en toegang te verkry daartoe. Sekere sprekers het egter nie by die geleentheid opgedaag nie.
Verrigtinge is afgesluit met musiek en danse. Gospelsangeres Elizabeth Zwane het die gehoor vermaak asook die Ikageng Cultural Group met danse. Die 92-jarige ouma Serudi het gou haar verskyning op die vloer gemaak nadat die dansgroep begin dans het, om hulle te wys hoe dit régtig gedoen moet word!
Daar is ook lekker geëet en gedrink en baie mense moet hiervoor bedank word vir die verskaffing van die lokaal, en aanry van werkers, sê Rika de Beer, Legae la Bona se hooforganiseerder van die dag. Die Lees, Foodzone, Spar en Roux Engineering het almal ‘n groot rol gespeel in die dag se sukses, sê Rika.