KunsteGrot se eerste Kunsmark heel skaflik
THABAZIMBI – Die KunsteGrotbestuur wil baie graag aan die uitstallers en ondersteuners van Saterdag se Kunsmark sê: Baie dankie. Vir ‘n eerste was dit glad nie sleg nie.
Vandat die deure om 09:00 oopgemaak het tot omtrent 12:45 was daar deurentyd beweging. Van die items wat aangebied is, het goed verkoop. Die kunstenaars het ook goeie blootstelling gekry en kontakte opgebou. Daar word vertrou dat die volgende Kunsmark op 5 Desember ‘n groot sukses gaan wees. Daar gaan heelwat meer uitstallers wees en dit is die ideale geleentheid om unieke, bekostigbare Kersgeskenke te kom koop.
Hierdie geleentheid is vir ons eie gemeenskap geskep – ondersteun hulle. ‘n Minimale toegang van R5 word gevra om onkostes te help dek. Indien daar nog mense is wat belangstel om uit te stal, kontak asseblief onverwyld vir Rita by 083 7448559
Mathys Roets is die volgende kunstenaar op die verhoog. Daar is enkele kaartjies nog beskikbaar vir sy optrede op 25 November, kontak maar dadelik.