Business

Thaba Besproeiing vier tiende bestaansjaar!

THABAZIMBI-Thaba Besproeiing wat vir die afgelope tien jaar onder die bekwame eienaarskap en bestuur van Martie Murray en haar seun Michael staan, het al ‘n bekende gesig in Thabazimbi en omgewing geraak. Martie wat ook sowat 23 jaar in die besproeiings bedryf is en by plekke soos Agrico NTK werksaam was, is steeds lief vir die bedryf. Vanjaar het sy om haar verdere ideale uit te brei, saam met  Super Pompe, voorheen van Pretoria, besluit om uit te brei. Die eienaar van Super Pompe, André de Beer, ‘n besproeiings ingenieur wat ook voorheen hier gematrikuleer het en ook as ‘n rugby kommentator by verskeie radiostasies en nou by Thaba Stereo inskakel se verdere dienste word gebruik. Die gesamentlike visie van hierdie besigheid is om beter diens, goeie pryse en ontwerpe van stelsels te bevorder. Voortaan sal hulle binnekort opmetings, beplanning van stelsels, loodgieterswerke, alle water voorsiening, watersuiwerings, pompe en toerusting beheer en bemark. Michael Murray doen al geruime tyd installasies en sal steeds beskikbaar wees vir sy arbeid en kennis.