General

Uitnodiging na Tambotie AJV

THABAZIMBI- Die Tambotie-Versorgingsentrum vir Verswakte Bejaardes in Thabazimbi hou op Dinsdagaand 17 November 2009 om 19:00 hulle Jaarvergadering vir 2009. Die vergadering sal in die Spreekkamer van Dr. Andries Buys in die Tambotie-Sentrum plaasvind.
Dit is die derde bestaansjaar van die Inrigting wat hierdie jaar ten einde loop. Die Sentrum bied deurlopend versorging vir gemiddeld vyftien voltydse pasiënte.
Aangesien bykans 25% van die maandelikse bedryfsuitgawes deur skenkings uit die gemeenskap gegenereer word, wil die Bestuur graag hieroor aan hul Donateurs verslag doen en ook wys hoe die fondse aangewend word.
Alle belangstellendes word hartlik uitgenooi om die verrigtinge by te woon en insette vir die komende jaar te help lewer.