Health

Ondersteun KANSA se borskankermaand

THABAZIMBI – Oktober is lank reeds bekend as Borskankermaand. KANSA (Kankervereniging van Suid-Afrika) loods verskeie projekte ter ondersteuning van kankerlyers in Thabazimbi hierdie maand.
Werknemers van Kumba het reeds die afgelope week geleentheid gehad om borsondersoeke en papsmere te laat doen tydens SHE-dag. ‘n Mobiele kliniek van KANSA en gekwalifiseerde personeel doen die ondersoeke.
Pienk strikkies ter ondersteuning van borskanker word deur KANSA verkoop gedurende Oktober. Strikkies is beskikbaar teen R5 elk en kan verkry word van Veronica Foord 071 183 6227.
Op Woensdag 21 Oktober word ‘n “Koppie vir KANSA” by Ou Tante Koba-koffiewinkel om 10:30 aangebied. Die geleentheid word gesamentlik deur Thaba Stereo en KANSA aangebied. Tydens die “Koppie vir KANSA” word ‘n praatjie gelewer deur seksuoloog Tryna Verwey. Kaartjies kos R60. Bespreek by Debbie Viljoen 079 529 3778 of Lize Momberg 082 520 8455.
Op Woensdag 28 Oktober word ‘n praatjie oor kanker aangebied by Hoërskool Frikkie Meyer en Toktokkie besoek kleuterskole waar ook ‘n muntlegging sal plaasvind.
Die aand van 28 Oktober word ‘n pretloop aangebied van 5 en 10 km. Meer inligting oor die pretloop sal gedurende Oktober in die media bekend gemaak word.
Vir enige verdere navrae kontak Lize by 082 520 8455 ná 13:00 daagliks.