General

DA vra ernstige vrae oor sporttoer

Hennie Pauw
THABAZIMBI – Hoe goed word daar regtig deur die dorpsbestuurders na die belastingbetalers se geld gekyk, was ‘n vraag wat ‘n DA-raadslid, Paul Scruton, die afgelope tyd gevra het nadat ‘n bedrag van R253 000 goedgekeur is vir ‘n sporttoer na Maputo.
Die vrese bestaan egter dat hierdie bedrag heelwat hoër is aangesien 64 werknemers van die Thabazimbi se munisipaliteit vervoer, akkommodasie en klere ontvang het vir ‘n sporttoer van 8 dae (5 tot 13 September) na Maputo. Munisipale Bestuurder, Roger Nkhumise, het in ‘n e-pos aan die Kwêvoël egter die versekering gegee dat die volle bedrag wat toegestaan is vir die toer ‘n bedrag van R253 000 is.
Volgens Scruton gaan hy op die volgende raadsvergadering indringende vrae vra oor die onkoste van die toer, die nodigheid om so baie werknemers te stuur en so ver te stuur, aangesien daar plaaslik infrastruktuur bestaan waar sport- en spanbou-aktiwiteite aangebied kon word.
Volgens Nkhumise is die munisipaliteit se mening dat hierdie uitgawe geregverdig was aangesien “sport ‘n aktiwiteit is wat mense gesond hou” en die munisipaliteit geaffilieer is by SAMSRA (South African Sports and Recreational Association) wat hierdie sportgeleentheid aangebied het.
Op dieselfde vergadering van die Finansiële en Ekonomiese Ontwikkelingskomitee van die munisipaliteit waar die Maputo-sporttoer bespreek was, is daar kommer uitgespreek oor die likiditeit van die munisipaliteit, wat selfs rooi ligte laat flikker het oor die uitbetaling van salarisse later vanjaar.
Nog ‘n kwessie waaroor daar ongelukkigheid is onder die DA-raadslede is die prosedure wat gevolg is. Uitgawes, soos vir die Maputo-toer, moet eers deur die Finansiële komitee goedgekeur word, daarna deur die EXCO en daarna deur die raad by ‘n volle raadsvergadering. Hierdie bedrag was egter reeds goedgekeur voordat dit by die Finansiële komitee voorgelê was. Tot vandag toe, sê Scruton, is hierdie bedrag nie by ‘n raadsvergadering goedgekeur nie.
Hy is ook baie kwaad oor die hoeveelheid mense wat gestuur is. Sport soos netbal, sokker en vlugbal is gespeel, maar selfs al het die munisipaliteit ‘n span van elk gestuur, maak dit nog nie ‘n getal van 64 vol nie. Volgens hom is hy en DA-raadslid Ivan Keyser ook genooi om saam te gaan, maar hulle het die aanbod van die hand gewys, juis omdat hulle bekommerd was oor die finansiële situasie van die munisipaliteit.
Dit bly ‘n groot bekommernis dat die raad goedsmoeds groot bedrae geld spandeer, terwyl almal bewus is daarvan dat daar reuse geldelike probleme plaaslik bestaan. Daar word tans polisie-ondersoeke geloods na beweerde wanaanwending van gelde binne die munisipaliteit. Die verdwyning van ‘n bedrag van R3,2miljoen, wat telkens by Integreerde Ontwikkelingsplan- en Begrotingsvergaderings opduik, is nog onopgelos.
Daar is ook uit alle oorde sprake dat die Zuma-regering streng gaan optree teen munisipaliteite wat nie aan standaarde van dienslewering voldoen nie.
Intussen is daar twee dispute teen die munisipaliteit verklaar en vrae word gevra oor ander oënskynlik onnodige uitgawes, soos die burgemeester en twee kollegas se toer na ‘n toerisme-indaba in Switserland verlede jaar. Hoewel vliegkaartjies en akkommodasie deur die indaba-organiseerders betaal is, word daar steeds toerallokasies gedoen, wat in die omgewing van R150 000 verlede jaar beloop het.
Volgens ‘n brief van Marie Steenekamp wat onlangs in die Kwêvoël verskyn het, juis oor die geld vir die sporttoer bewillig is, moet belastingbetalers hul apatiese houding laat staan en deel vorm van drukgroepe wat die munisipaliteit dwing tot deursigtige en verantwoordelike optrede.