Entertainment

Waterberg Wildsfees

Elana Greyling
VAALWATER – “Ons derde Wildsfees is geseën met die Bosveld se eerste lentereëns,” vertel ds Jannie Haman, een van die vier predikante wat saam met twee skole die Waterberg Wildsfeeskomitee gevorm het.
Die Wildsfees is vanjaar vir die derde jaar aangebied as gemeenskapsfees, met alle winste wat in die gemeenskap van Vaalwater teruggeploeg word. Met vele uitstallings en interessante praatjies was dit beslis die beloofde gemeenskapsfees.
Die Wildsfees is geopen met ‘n deftige banket wat die talente van hoofsaaklik plaaslike sjefs behoorlik op die proef gestel het. Die wenner van die reuse pryse van Kenwood was Minette Pretorius van Hoedspruit. Sy het vir famlilie in Vaalwater kom kuier en sommer ook kom deelneem.
Esmé van der Merwe van Zinyati Lodge naby Steenbokpan het hierdie deel van die Bosveld se naam gaan hoog hou by die Waterberg Wildsfees openingsbanket.
Esmé se spyskaart was wildslewer ‘springrolls, litchi en kiwi sorbet, waterbok rumpsteak, basmatirys, groenboontjie-rolletjies in spek, wortelblommetjies en aartappel medaljes en vir nagereg soet patat roulade met vanielje roomys en ‘n kaasbord om mee af te rond. “Ek het baie geleer,” vertel Esmé. “Die aanbiedings was regtig pragtig, maar ek weet nie of die smaak goeie boerekos kon klop nie!” Sy sien uit na volgende jaar saam met haar twee flukse helpers, Susette en Tanya du Plessis, ook kokke in hul eie reg.
Ses van die tien kokke wat deelgeneem het, is gekwalifiseerde sjefs van sjefskole.
Mej en Mnr Wildsbokkie het die Bosveld se mooiste ooitjies en rammetjies in hul mooiste gewaad na vore laat kom. Mej Wildsbokkie 2009 is Cedille Brits van Pretoria met eerste prinses, Lenie Pieterse en Lozanne Pienaar van Swartwater as tweede prinses. Mnr Wildsbokkie (jnr) was CJ Smit, met mej Wildsbokkie (3-5jr) Zoey Jacobs.
Die Waterberg Idols het inskrywings van so ver as die Oosrand gelok en almal het die amateur en verskeidenheid professionele sangers baie geniet. ‘n Potjiekos kompetisie het plaaslike potjiekoskonings kans gegee om mee te ding om die gesogte kroon en groot pryse van die Braaiman.
‘n Wildseminaar is aangebied deur Wild SA het verskeie onderwerpe in die bedryf bespreek. Die Rooivleis Produsente Organisasie (RPO) het ‘n interessante bespreking oor ‘veldvleis’ gehou. Mnr Marinus van Dyk het sprekers bymekaar gebring wat onderwerpe van naspeurbaarheid, tot biosekuriteit en eienskappe van veldvleis gedek het.
Vir die eerste keer in die drie jaar van die Fees se bestaan, is vee ook uitgestal. Boerbokke en Dorperskape, sowel as beeste het die koue en modderigheid getrotseer. Beesrasse wat verteenwoordig is, was Afrikaners, Bonsmaras, Hugenote, Boran, Nguni en Charolais.
‘n Baie suksesvolle wildveiling is ook aangebied deur Waterberg Game Dealers, die laaste van die seisoen.
Organiseerders was baie tevrede met die verloop van die fees en is reeds besig om planne te beraam vir volgende jaar.