Besigheid skenk radio
Die 81-jarige tannie Babs Strydom, oud inwoner van Bosveldoord, het vandeesweek ‘n radio van Pick n Pay ontvang. Tannie Babs se man, Cas Strydom is nogsteeds in Bosveldoord woonagtig, maar tannie Babs is egter verskuif na Tambotie versorgingseenheid vanweë haar verswakte gesondheid. Tambotie sentrum bedank al die donateurs wat hul so gereeld ondersteun. Op die foto vlnr: Marie Steenekamp, Tannie Babs, Lindsay Moore van Pick n Pay en Yolani Vorster.