Entertainment

Clive Bruce by Thabazimbi Landbou en Nywerheid Skou 2009

THABAZIMBI – Die Bekende Clive Bruce is die einde van Julie tydens die jaarlikse Thabazimbi Landbou en Nywerheid Skou te siene.
Clive Bruce is ‘n hoogs talentvolle dog groothartige man wat lief is vir sy werk en diegene om hom. Daar is nie ‘n spesifieke tyd in sy lewe wat hy met musiek begin het nie, omrede hy maar altyd doenig was met musiek. As jongman het hy geluister na musiekprogramme op radio en het hy ‘n paar koorde geleer op die kitaar asook volksliedjies.
In die vroeë sestigs het hy sy eerste opname gemaak as die baskitaarspeler van ‘n orkes. Kort daarna bemeester hy die sleutelbord, dromme, kitaar en ander musiekinstrumente.
Sy stiefma, Virginia Lee, was bekend as die “Queen of Song” van die vroeë sestigs en sy het Clive voorgestel aan die Opname ateljees. Sedertdien is Clive betrokke in die professie.
In 1970 neem hy “Sally Sunshine” op wat #1 op die gewilde LM Radio se Top 20 bereik. In dieselfde tyd haal die liedjie ook die Suid-Afrikaanse Top 20. In die tydperk spandeer Clive meeste van sy tyd as harmoniseerder van ander kunstenaars en doen hy ook verskeie radio advertensies.
Sarel Seemonster en Karel Kraai was die twee sterre van die Suid-Afrikaanse Kinder Televisiereeks Wielie Walie. Hierdie twee karakters word legendaries in hul eie tyd en Clive Bruce was die eerste stem van Sarel Seemonster, ‘n vriendelike seemonster wat stoom deur sy neusgate kon blaas.
Clive het stem oornames gedoen van internasionale liedjies vir die hoogs suksesvolle “Springbok Hits Album” reeks en is toe ‘n kontrak geoffer om ‘n Country Musiek album op te neem.getiteld “Ruby, Don’t Take Your Love To Town.”
“Sing Country” is die Country Musiek TV Program wat die langste uitgesaai word op die Suid-Afrikaanse TV en Clive ontvang ‘n toekenning hiervoor, as aanbieder.
1993 stap nader en Clive bied die middag TV 1 program aan waar hy musiekvideos uitsaai op versoek. Gedurende die jare wat hy vanaf die Zillertal musiekprogramme gemaak en aangebied het, het die orkes “Shotgun” saam met hom gewerk. Hierdie dinamiese groep het die land wyd en suid deurtoer saam met Clive Bruce.
Clive tree op saam met die orkes “Timepiece” in die beginjare van Televisie in Suid-Afrika en dit besorg verskeie solo tydslotte aan hom en ook verskeie programme en ‘n aantal Nuwe Jaars tydslotte.
Om en by dieselfde tyd is hy ook ‘n gaskunstenaar op Bobby Angel se Program “Gentle On My Mind” en Lance James begin hom speel op die gewilde radioprogram “Keep It Country.”
In 1996 neem Clive die CD “One Last Kiss” op en dit besorg sy eerste amptelike goue status aan hom; iets wat Clive as ‘n hoogtepunt beskou in sy lewe. ‘n Nog groter hoogtepunt vir hom, is toe hy Jennifer vra om met hom te trou en die paartjie hak die knoop deur.
Clive Bruce het al verskeie kere opgetree by die Sun City Superbowl en toer steeds landwyd om optredes te doen.
In Clive se eie woorde: “What a weird and wonderful profession. One day the superbowl, the next in a bush pub, the next at a private company function and then on to doing product promotions. I am always working at my music, performing, recording and writing”.