General

Verlamde seun ontvang rolstoel

rolstoelTHABAZIMI – Die Legae la bona projek, onderleiding van Rika de Beer, het ‘n 17 jarige verlamde seun die kans gegee om ‘n mate van onafhanklikheid terug te kry met die skenking van ‘n rolstoel vroeër vandeesmaand.
Die skenker, oom Bob van Sun City, soos hy bekend staan, het die rolstoel aan die jong Kagiso Lebekwa wat sedert geboorte verlam is, oorhandig. Legae la bona bedank graag vir Debbie Viljoen van Thaba Stereo wat die uitsending van die behoefte vir ‘n rolstoel aangevuur het asook Roux Engineering vir hul oop hand wat die voertuig en brandstof betaal het om die rolstoel by oom Bob te kon afhaal.