Plaaslike atlete pak Comrades Marathon aan

atleteDURBAN – Die 84ste Comrades Marathon wat op Sondag 24 Mei plaasgevind het, het sowat 13 000 inskrywings ontvang waarvan 16 atlete van Thabazimbi deelgeneem het. Die 89.9km Comrades, hierdie jaar ‘n “Down-run” van Pietermaritzburg tot Durban is deur Rian van der Merwe, Iwalda Bezuidenhout en Lukas Sibanda vir die eerste keer aangedurf. Gerrie Raubenheimer en Theresa Meyer het hulle 10de comrades gehardloop en hulle groen nommers gekry. Almal het besonders goed gevaar en kan voorwaar trots wees op hul pogings.