General

Damvlakke styf danksy goeie reënneerslae

Met al die welkome reën is die Hartbeestpoordam reeds 100% vol en het hul ses sluise halfpad oopgetrek vir vloedbeheer.
Die Vaalkomdam loop oor en staan teen 5 Februarie 102% sterk. Die Roodekopjesdam is 98-99% vol en het reeds 3 sluise op 300mm oopgetrek. Ook die Klipvoordam is 100% vol.
Die reënmeters het gedurende Januarie 100mm te Kromdraai gemeet, Dwaalboommeters spog met 224mm gedurende Januarie maar het in Februarie nog nie weer ‘n druppel ontvang nie. Cumberland kry gedurende Januarie 165mm reën en in Februarie slegs 4mm. Obaro Koedoeskop se reënverslag dui op 142mm vanaf 25 Januarie en Obaro Thabazimbi se reënvalverslag toon ± 80mm vanaf 13 Januarie tot 4 Februarie.