Mpho kry oogoperasie
THABAZIMBI – Lede van die gemeenskap sal onthou van vorige berigte wat geplaas is oor Mpho Sebekwa se oogprobleem. Danksy ‘n donasie van Thaba Spar en Thaba Stereo was dit moontlik vir Mpho om in Desember ‘n operasie op haar ogies te kry. Dr Van der Merwe, van ‘n praktyk in Pretoria, het die oogspiertjies gesny sodat die ogies reg getrek kon word. Die operasie was ‘n groot sukses en Mpho gaan slegs vir die volgende ses maande nog haar brilletjie moet dra sodat die ander spiertjies kan versterk. Mpho se ma, Sannetjie en Legae La Bona wil graag van hierdie geleentheid gebruik maak om die volgende persone en instansies te bedank vir hul bydrae tot die operasie. Thaba Spar in samewerking met Thaba Stereo vir die donasie tydens hulle Trolley dash projek. Roux Engineering (Pty) Ltd vir hul finansiële bydrae en hulp met vervoer vir al Mpho se dokters afsprake en die operasie. Die personeel by Curamed hospitaal in besonder Marlene Vosloo by die teater,Deidre de Beer in die admin kantoor en Alma Cloete by ontvangs vir hul vriendelike diens. Dr Blignaut vir sy tegemoedkoming met sy fooie. Laastens maar defnitief nie die minste nie, Dr Van der Merwe. Seker die belangrikste persoon, want was dit nie vir sy bereidwilligheid om te help, en ook ‘n spesiale tarief te gee nie, sou Mpho nie die geleenthede van ware kindwees gehad het nie.