Health

SA het meer vrywilligers nodig: KANSA

Suid-Afrika benodig meer vrywilligers gedurende hierdie uiters moeilike ekonomiese tye, sê die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) op Wêreld Vrywilligersdag op 5 Desember. ”In moeilike tye is dit nodig dat nie-regeringsorganisasies meer mense in nood met minder beskikbare fondse help, wat vrywilligers nog meer belangrik maak”, sê Sue Janse van Rensburg, Nasionale Uitvoerende Direkteur van KANSA.
”KANSA wil hulde bring aan die meer as 12 000 vrywilligers en Kampioene vir KANSA wie dienste en ondersteuningsprojekte in die stryd teen kanker lewer”, sê Janse van Rensburg. ” Vrywilligers vorm die ruggraat van hierdie organisasie en KANSA is uiters dankbaar vir hul ondersteuning in die stryd om lewens te red”.
Vrywilligers is spesiale mense wie sonder vergoeding vir ‘n organisasie of saak werk. Om ‘n vrywilliger te word is baie lonend en ‘n betekenisvolle manier vir jonk en oud om hul gemeenskappe te bou en nuwe vaardighede aan te leer.
Baie KANSA vrywilligers is deur kanker geraak en wil help om pasiëntesorgdienste te lewer, gesondheidsprogramme te ondersteun of behulpsaam te wees met een van vele KANSA projekte soos Shavathon of Relay For Life.
Om ‘n KANSA vrywilliger te word, kontak jou naaste KANSA kantoor by 014 594 2424 en praat met Adelé Voges (Area Bestuurder – Rustenburg streek)