THABAZIMBI – Die borskanker-klinieke wat deur KANSA, Thabazimbi gedurende die eerste week van Oktober, Borskankermaand, aangebied is, was ‘n groot sukses, sê KANSA takvoorsitter Lize Momberg.
KANSA is baie dankbaar teenoor almal wat die bewusmakingsveldtog ondersteun het en papsmeer- en borsondersoeke ondergaan het. Volgens Momberg is die dag goed ondersteun en waardevolle lesse geleer rondom die voorkoming en bewusmaking van hierdie belangrike saak vir vroue.
Die volgende Borskankerprojek vir Oktober is ‘n Pretloop en Pretdraf op Woensdagaand 29 Oktober. ‘n Vyfkilometer pretloop en 5 km en 10 km pretdraf word aangebied.
Inskrywingsfooie vir die pretloop is R20 per persoon en vir die pretdraf ook R20 vir die 5km-afstand en R30 vir die 10 km-afstand. Alle deelnemers kry medaljes en goeie pryse is op die spel. Die fondse sal vir die behandeling van borskanker aangewend word.
Enige persoon wat ‘n bydra wil lewer, pryse wil borg of meer inligting benodig oor die pretloop kan Lize skakel by 082 520 8455 of 084 506 8195.
