General

Thabazimbi beleef ongekende uitbreidings

THABAZIMBI – Daar is tans ongekende uitbreidings in Thabazimbi aan die gang en die plaaslike munisipaliteit doen alles in hul vermoeë om ‘n gesonde basis te skep waarop ontwikkeling ongehinderd kan voortgaan.
Beleggers wat daaraan dink om woonstelle of ander residensiële eenhede in die snel groeiende dorp te bou kan ook nou ‘n geleentheid aangryp aangesien bykans 20ha soneer is vir residensieel 2, 3 en 4 deur ontwikkelaars. Agente ontvang navrae van kontrakteurs wat dienste aan die omliggende myne verskaf van tot 800 huise en die verhuringsmark bars uit sy nate. Dit skep ‘n ideale geleentheid vir ontwikkelaars om vir eens en altyd die huurkrisis in Thabazimbi die hok te slaan aangesien daar nog nooit genoegsame behuising was nie.
In samewerking met mnr Gert Diederiks word al die bome wat ‘n historiese waarde het gemerk sodat grondeienaars hul kan vergewis van die betrokke boomspesies wat op erwe bestaan en dus hul boubeplanning rondom hierdie unieke ou groot bome kan doen.
In ‘n volgende fase word ‘n skool, inkopiesentrum en ‘n kliniek asook industriële areas beplan.
Mediaverklaring deur Montane Eiendomme, kontak Liezie le Roux by 082 893 4208 vir verdere navrae.