General

Kumnandi Lodge stig hengelklub

THABAZIMBI – Kumnandi Lodge, wat reeds geruime tyd funksioneer, het die afgelope naweek ’n private hengelklub, Kumnandi Hengelklub, gestig.
‘n Paar gesoute hengelaars het die Kumnandi oewer gaan beproef en mooi vis is in die loop van die naweek gevang. Tussen die agt hengelaars is daar ’n totaal van 35 vis uitgetrek. Die grootste karpe vir die naweek was gevang deur Gerald Burger, met ’n gewig van 6,2kg, en Elsie Veldman, met ’n gewig van 5,6kg.
Die klub is privaat en slegs gekeurde lede sal toegang tot die klub sowel as die Kumnandi oewer hê. Die klub is nuut gestig en sal as ’n sosiale hengelklub funksioneer.
‘n Maksimum van 50 lede kan aan die klub behoort. Daar is reeds 20 ingeskrewe lede. Vir verder navrae, asook keuring, kan die voorsitter, Hendrik Henning, geskakel word by 078 034 4987.