HFM in liga wedstryde teen Piet Potgieter

POTGIETERSRUS – Op Donderdag 24 April het Hoërskool Frikkie Meyer deelgeneem aan liga-wedstryde teen Hoërskool Piet Potgieter. Altesaam 23 wedstryde is gespeel deur die hokkie-, netbal- en rugbyspanne.
Die netbal-uitslae was uitstekend aangesien HFM al ses sy wedstryde gewen het. Die grootste telling wat opgestel was, was dié van die eerste netbalspan, naamlik 40-17. Die o/15A- en o/15B-spanne wen met onderskeidelik 24-4 en 26-6. Die o/15A-span wen 28-4, die o/16A’s wen 15-10 en die o/17A-span wen 16-9.
Met die hokkie het dit nie so goed gegaan nie slegs een span kon daarin slaag om hul wedstryd te wen. Die o/14B’s wen 1-0. Drie hokkiewedstryde het gelykop geëindig en vier spanne het hul wedstryde verloor.
Die rugbyspanne, daarenteen, het goed gevaar. Van die 9 wedstryde wat gespeel is, het HFM 7 gewen en slegs 2 verloor. Die o/14A’s het met die grootste totaal gewen, naamlik 50-0.  Net die 1ste span en die o/15A-span het hul wedstryde verloor. Die o/14B’s wen 46-0, die o/15B’s 22-10, die o/16A-span 18-15, die o/16B’s 22-5, die 3de span 27-0 en die 2de span 12-0.

Want to Receive Weekly Kwevoel Updates in Email?

We don’t spam! Read our privacy policy for more info.