Aprilmaand en daarmee saam ook die heerlike skoolvakansie is al besig om ‘n stippeltjie in die verlede te word te midde van ‘n baie besige tweede kwartaal. Selfs gedurende die vakansie bly die Frikkies en hulle onderwysers besig. ‘n Groot hoeveelheid van ons leerders en hulle afrigters was op rugby, netbal en hokkie afrigtingskursusse/oefenkampe. Van die Reis en Toerisme leerders het onder leiding van Mev Christi Swart Kaapstad besoek.
Behalwe vir waardevolle oefening en kennisverwerwing is dit so dat toere en kampe wat tydens jou skooljare onderneem word, jare daarna nog as kosbare herinneringkooltjies gloei. Vriendskappe word gesmee en verdiep en almal leer mekaar beter ken. Dankie aan elkeen vir die opoffering om positiewe lewenservarings moontlik te maak.
The PUK series is a thing of the past and league matches are in full swing. Practise hard, play hard, but above all, enjoy it. Although we strive to win and bask in the glory which accompanies winning, we also realise the impact which participation in sport has on our lives. Practise hard, be punctual and reliable, make sacrifices, treat your coaches; team mates and opponents with respect at all times and always give your best!
Redenaars: Die redenaars se eerste groot geleentheid hierdie seisoen is op 15 Mei wanneer die streeksuitdunne plaasvind. Kontakpersoon: Mev Maryna Loots.
Drama: Van die leerders is besig om voor te berei vir deelname aan die Pretoria Eistedford wat aan die einde van die maand plaasvind. Die kontakpersoon is mev Sanet Roos.
Toneel: Mej Hannelie Erasmus het met die oudisies vir die toneel wat later hierdie jaar op die planke gebring gaan word, begin.
Revue-groep: Gedurende die afgelope week het oudisies vir hierdie groep begin. Hulle beplan om hierdie jaar af te skop met ‘n kort program wat as opwarming sal dien vir ‘n groot optrede wat vir 2009 beplan word. Mev Mariaan Senekal is hier die kontakpersoon.
‘n Groot sosiale geleentheid op die skoolkalender is die jaarlikse dinee. Baie dankie aan die leiers asook mej Hannelie Erasmus en mnr Johan Heystek vir die pragfunksie wat julle aangebied het.
With all the activities which are constantly taking place we are forced to rely on sponsors from time to time. Thank you to all the businesses and private people in our community who support us on a regular basis. Our appreciation is heartfelt, especially since we know that there is a constant appeal from all over for assistance.
Die leerders en onderwysers is bo en behalwe akademie en sport ook by ‘n magdom ander aktiwiteite betrokke wat bydra tot elke kind se menswees en gemeenskapsbetrokkenheid. Baie dankie aan elke onderwyser wat geleenthede raaksien en uitbou tot voordeel van die leerders.
By Hoërskool Frikkie Meyer word ‘n wye verskeidenheid aktiwiteite aangebied maar die kern bly die akademie. Die halfjaarlikse eksamen begin reeds op 28 Mei. Hoërskoolleerders moet deurlopend akademies hard werk. Die skool bied gratis hulp ten opsigte van lees- en leerprobleme aan. Kontak mev Alet van Rhyn by die skool vir verdere inligting.
We are upgrading our security and you will have noticed that we now have restricted entrance to the school grounds. Learners who do not make use of bus transport may not be dropped off or picked up inside the school gates. This arrangement has been made for the safety of both you and the children. There are still parents who enter through the hostel gate which is causing serious problems for the security staff. Vehicles stopping on yellow lines to drop off / pick up learners are blocking traffic, putting others in danger and breaking the law. Please make use of the drop off / pick up area in Tenth Avenue. The short walking distance to the school from there can only be beneficial.
Die sekuriteit word opgeskerp en u sal opmerk dat daar beheerde toegang tot die skoolterrein is. Leerders wat nie van busvervoer gebruik maak nie mag nie binne die skoolterrein op en af gelaai word nie. Dit is ter wille van u en die gemeenskap se kinders se veiligheid. Daar is heelwat ouers wat steeds by die koshuishek wil in en uitry en wat die sekuriteitspersoneel wat daar werk se werk bemoeilik. Daar sal eersdaags ‘n valhek by die koshuis ingang opgerig word. Motors wat op geel strepe stop om leerders op en af te laai, vertraag die vloei van die verkeer, stel mense bloot aan gevaar en oortree die wet. Maak asseblief gebruik van die op-en aflaai gebied in Tiende Laan. Die entjie se stap kan elke leerder net bevoordeel.
Met verwysing na ‘n vorige berig wat geplaas is, is daar gemeld dat Meneer Glen van Rooyen en Mevrou Helize van Rooyen bedank het met ingang 31 Mei 2008. Mnr en mev Van Rooyen het hul bedanking teruggetrek en ons is dankbaar om hulle nog tot die einde van 2008 by ons te hê.
‘n Nuwe kringbestuurder, meneer Matabula is aangestel. Hoërskool Frikkie Meyer verwelkom meneer en mevrou Matabula en ons vertrou dat hulle ook die mooi Bosveld sal geniet.
‘n Wyse man het alreeds in die 1800’s die volgende gesê: “’n Mens se waarde word nie gemeet aan die hoeveelheid geld wat jy verdien of die aantal grade of toekennings wat jy behaal het nie; ook nie in die eerste plek deur die kwaliteit van jou werk nie. ‘n Mens se waarde hang daarvan af of jy aan jou kinders of volgelinge integriteit geleer het deur jou eie voorbeeld.”
