THABAZIMBI – Die Wildspotjiekoskompetisie, wat as deel van die Wildsfees aangebied word, was nieteenstaande die ongure koue en nat weer, goed ondersteun.
Van die spanne het reeds vroegoggend hul stalletjies gereed gekry en mens moet sê dit is verbasend wat die mense met so min vermag. Die disse was net so eksoties, weereens ‘n bewys dat wildsvleis se plek op die vleisrak kan volstaan.
Disse het gewissel van buffel tot eland murgbene. Soos gewoonlik het die gesellige atmosfeer wat tussen die spanne heers, bygedra tot ‘n heerlike kuier.
Vanjaar was daar sowat R15000 se pryse op die spel. Hierdie pryse het gewissel van skenkings deur Shoprite, Afgri, Dreiers en Rhino Bakkie Linings tot verskeie aanbiedinge deur lodges, gereël deur Johan Muller van On Track, die nuwe toerisme inligtingskantoor in Thabazimbi.
Die reën het gelukkig weggebly totdat al die disse gaar was. Die finale beoordeling van die laaste stalletjie is toe agter in ‘n toe trok gehou.
Uncategorized
