General

Marakele Nasionale Park – Die naaste en die mooiste

THABAZIMBI – Die bekende Nasionale Park, Marakele, is ‘n wildsreservaat om op trots te wees. Marakele lok toeriste regoor die land met die wye verskeidenheid wilde diere wat daar aangetref word. Die kanse is goed dat elke besoeker ten minste een van die Groot Vyf by Marakele sal raakloop. Die pragtige wild moet nie misgeloop word nie en jy kan verseker wees om by die watergate koedoe’s, impala’s, waterbokke, blouwildebeeste en vlakvarke raak te loop. Toeriste se asems word ook weggeslaan met die natuurskoon van die Bosveld en die Kransberge binne-in die Nasionale Park. Marakele bied ‘n wye verskeidenheid aktiwiteite aan toeriste en is bekend vir wild- en voëlkykgeriewe. Daar is meer as 360 verskillende voëlspesies in die Marakele Nasionale Park. Die park bied ook opwindende staproetes en nagritte aan. ‘n Nuwe verwikkeling by Marakele is die Vroegoggend Bosstapgeleenthede en die Sonsondergangritte. Spesiale reëlings sal by Ontvangs getref moet word om die aktiwiteite by te woon. Daar is natuurlik ook 4×4 roetes wat beslis nie sonder die regte voertuig aangepak moet word nie. Vergewis jou eers van die toeganklikheid hiervan by die Parkbestuur. Soos enige Nasionale Park staan Marakele nie terug om akkommodasie te bied wat toeriste ‘n ondervinding van ‘n Die Tlope Tentekamp met sy luukse tente, is op die oewer van een van die groot damme in die park geleë. Hier kan jy bykans die hele dag sit terwyl die diere na jou toe kom. leeftyd gee nie. Luukse tente soos die Tlopi tentekamp is beskikbaar met beddens, badkamers, kombuise, meubels en elektrisiteit. Verder het elke staanplek ook ‘n houtstoep met ‘n onvergeetlike uitsig oor die dam. Braaigeriewe is ten alle tye beskikbaar by die piekniekplek en kan deur dagbesoekers ook gebruik word. Pak gerus daai koelerboks en geniet die dag in die natuur. Kampeerders kan van die Bontle kampeerterrein gebruik maak teen R120 vir twee mense. Vir ‘n ekstra volwassene is die tarief R40 en vir ‘n ekstra kind R20. By die kampeerterrein is kragpunte, water en ablusiegeriewe beskikbaar en is van so goeie gehalte dat jy onmiddellik sal tuis voel. Vir toeriste wat nie 4×4-voertuie besit nie is daar 56km pad bygevoeg. Die roete, wat dit vir enige motorvoertuig moontlik maak om in Marakele rond te ry, begin by ‘n tonnel onderdeur die Hoopdal-pad om Kwaggasvlakte met die ander deel van Marakele te verbind. Die park maak 7:00 in die oggende oop en sluit 18:30 in die aande. Die ingangsfooi is R17 per persoon.