General

Ben Alberts Lodge – Ou bekende kry nuwe gesig

THABAZIMBI – Die bekende Ben Alberts Lodge het ‘n nuwe beeld gekry wat toeriste en jagters sonder twyfel sal beïndruk. Sodra jy daar instap sal die nuwe swembad dadelik jou oog vang. Die luukse kamers is definitief indrukwekkend en is ten volle vir selfvoorsiening van etes uitgerus. Ben Alberts bied staproetes en bergfietsritte vir die avontuurlustiges aan. Daar is ook braai- en swembadgeriewe vir gaste beskikbaar, maar ongelukkig nie vir dagbesoekers nie. Vir boogjagters is daar ‘n reuse bosveldarea met ‘n groot verskeidenheid wild beskikbaar. Die nuuskierige besoekers wat met die pad af stap na die wildshokke aan die onderkant sal dalk gelukkig wees om die springbokke daar te sien. Die konferensiefasiliteit is ‘n pragtige lapa en kan selfs vir afskeidsfunksies gebruik word. Kumba Iron Ore gebruik die ontspanningsarea vir hul jaarlikse spanboukursus. Daar is geriewe daarvoor opgerig en ‘n baie eienaardige hindernisbaan is duidelik sigbaar langs die ontvangsarea. Vir die vakansiegangers wat lief is vir gholf is die gholfbaan reg langs die Ben Alberts Lodge geleë. Vir verdere inligting kontak Ben Alberts Lodge: 014 777 1670 of Werner: 083 304 7239