General

GinA Projek lewer wenner op

THABAZIMBI – ‘n Baie oulike gemeenskapsprojek genaamd GinA is in September in Thabazimbi begin. Hierdie projek bied die inwoners van die dorp die geleentheid om minderbevoorregtes te help deur aan hulle ‘n kruidenierspakkie te voorsien. Suzette Brits, ‘n nuweling in Thabazimbi, het hierdie projek al die pad van Alberton gebring waar sy voorheen by ‘n soortgelyke projek betrokke was. Die projek het aanvanklik by die NG kerk Thabazimbi begin, maar het vinnig na ander kerke in die dorp en selfs tot by Northam uitgebrei. Die GinA-projek staan vir Geloof in Aksie en behels dat elke belangstellende ‘n emmer by die NG kerk of by Suzette afhaal. Die emmer bevat ‘n kruidenierslysie met inhoudskoste van ongeveer R150. Gedurende die Vroueblad se jaarlikse funksie op 3 November 2007, het die dames die geleentheid gehad om ‘n kaartjie van R15 ten bate van die GinA-projek te koop. Die dames was baie opgewonde toe Linda van Wyngaard, die lid wat die meeste kaartjies gekoop het, se naam ook getrek is as wenner. Sy het ‘n Carol Boyes slaaistel met komplimente van Sanlam gewen. Die projek is steeds op volle vaart en enige belangstellende kan Suzette kontak by 014 777 2040 of 082 853 2314. Suzette wil ook net almal wat die projek ondersteun bedank.