Hokkiespelers van Thabazimbi toer na Australië
THABAZIMBI – Twee hokkie bokkies, Lezanne Snyman en Yolandi van Tonder, is vanaf 29 November tot 12 Desember in Australië op ‘n hokkietoer. Die twee meisies is tydens Verre Noord Bokkieweek verras met ‘n uitnodiging om lid van die Potchefstroom Hokkie Akademie se Uitnodigingspan te word. Die span se lede kom van oraloor Suid-Afrika, maar Lezanne en Yolandi is die enigste twee van die Noordelike Provinsie se Bokkiespan. Die Uitnodigingspanne sal Brisbane en Sydney besoek en ses wedstryde in Australië speel. Die twee dogters wil graag die borge wat dit vir hulle moontlik maak om na Australië te toer baie hartlik bedank.