Sport

Drakensberge te voet

Staproete Drakensberg

Thabazimbi voetslaners het twee weke gelede die prag van die Drakensberge te voet aangepak. Op die foto vat die groep, met Elsebie van Aswegen in die voorgrond, ‘n blaaskans. Lesers word herinner aan ons Vakansie uitgawe wat op 14 Desember beskikbaar gaan wees. Daarin gaan daar meer inligting wees aangaande dinge om te doen in die Thabazimbi omgewing. Indien u op u plaas of by u lodge ‘n stap-, quad- of vier x vier roete het wat vir dagbesoekers of inwonende gaste gedurende die feesseisoen beskikbaar gaan wees, skakel ons gerus voor Dinsdag 4 Desember, of stuur die inligting met foto’s voor hierdie datum na kwevoel@kwevoel.co.za. Hierdie inligting sal, afhangend van spasie, gratis geplaas word. Advertensies vir die uitgawe van 14 Desember het reeds gesluit.