Waardasies vir Eiendomsbelasting begin in Lephalale
LEPHALALE – Die proses om alle eiendomme binne die jurisdiksie van Lephalale Munisipaliteit te waardeer in terme van Wet 6 van 2004 het reeds begin. ‘n Waardeerder, mnr Johan Enslin van die Warmbadomgewing is aangestel en het reeds met vergaderings en samesprekings met verskeie instansies begin. Mnr Enslin het ‘n goeie kennis van die bosveld asook ‘n begrip van veral ook landbougrond. Volgens hom is dit belangrik om alle eienaars van eiendom te bereik en bewus te maak van die waardasies. Hy onderneem om grondeienaars en ander belastingbetalers voortdurend in te lig. Beginsels waarvolgens waardeer sal word, is bespreek tydens ‘n ope vergadering in die Mogol Funksiesaal, asook tydens samesprekings met die Landelike Belastingbetalersforum (LBF) se werkskomitee. Belastingbetalers sal insae hê in die waardasies, wanneer dit teen Februarie 2008 afgehandel moet wees en die waardasierol beskikbaar sal wees. Elke eienaar het dan dertig dae om sy waardasie na te gaan en enige foute of probleme met die waardeerder te bespreek. Enige vrae kan gerig word aan die Munisipale Waardeerder, Johan Enslin by (014) 736- 2619/3297. Om die massa waardasies wat gedoen moet word binne die beperkte tyd, so akkuraat as moontlik te doen, is belastingbetalers se samewerking nodig. Akkuraatheid is tot almal se voordeel. Daarom versoek Enslin dat alle eienaars hom sover moontlik sal bystaan. Die Wet bepaal dat eiendomme wat op die rol geplaas word, se markwaarde bepaal moet word. Hulle sal dus aandag gee aan die faktore wat eiendomme se waardes bepaal. Baie van die inligting sal van eienaars self en ander betroubare bronne, soos die Aktekantoor en lugfoto’s verkry word. Die persone wat betrokke is by die verkryging van inligting vir die waardasies is: Munisipale Waardeerders: Johan Enslin Waardeerders (Valuers): Telno. (014) 736- 2619/3297; Faks: 0866127266 Assistent: Andre Snijdert bygestaan deur Marionette Snijdert (Kandidaat Waardeerder): Tel & Faks: (014) 777-1810.
