Ou inwoner oorlede
THABAZIMBI – Oud inwoner van Thabazimbi, Piet Vermaak is op die ouderdom van 67 op 7 Oktober oorlede. Hy was jare lank by Kumba werksaam in die werkswinkel as ‘n Draaier en volgens sy medewerkers het Piet se hande vir niks verkeerd gestaan nie. Op sportgebied was Piet ook baie aktief as afrigter van Thabazimbi se korbalspanne. Hy was altyd bereid om te help en het ‘n vreeslike sagte hart vir mense gehad. Daar is ‘n groot leemte in die harte van die wat hom geken het, en hy sal baie gemis word. Hy is Donderdag 11 Oktobervanuit die NG Kerk Thabazimbi begrawe. Die begrafnisdiens is waargeneem deur ds Thinus Benade. Hy laat sy eggenote, Kitty, kinders en kleinkinders agter.
