THABAZIMBI- HFM het twee goue, twee silwer en ses bronsmedaljes huis toe gebring na die Top Tien Swem Kompetisie wat Saterdag 13 Oktober te Polokwane gehou is. Die seuns het vierde geëindig met ‘n totaal van 216 punte (11 punte na Piet Potgieter) en die dogters sesde met ‘n totaal van 187 punte (7 punte na Merensky). Die goue medaljes het gegaan aan John Johnston (50m borsslag) en seuns o/16 wisselslagaflos. Wickus en Jacques Stevens het beide silwer medaljes gekry vir die 50m rugslag en 100m borsslag onderskeidelik. Die ses bronsmedaljes is gewen deur Duan Minnaar (50m borsslag), Wickus Stevens (200 m wisselslag), Anri Prinsloo (50 m borsslag), Jacques Stevens (50m vlinderslag), seuns Ope Vryslagaflos en seuns Ope Wisselslagaflos. Die finale uitslag was: 1.PHS 577 2.Ben Vorster 527 3. Piet Potgieter 484 4. Ben Viljoen 434 5. HFM 403 6.Merensky 384 7.Frans du Toit 343 en 8.Eric Louw 309,5.
