General

Groen baan vir Kumba Hardekool bergfietswedren

THABAZIMBI – Die jaarlikse Kumba Hardekool bergfietswedren vind oudergewoonte te Ben Alberts Natuur Reservaat, die naweek, op Saterdag 20 Oktober 2007 plaas. Die drie kategorieë word opgedeel in ‘n meer ervare 70km wat R120 per inskrywing beloop, ‘n 35km wat nogsteeds ‘n uitdaging is vir R100 per inskrywing en ‘n 10km wat amper in dieselfde asem as ‘n “pretloop” genoem kan word vir R50 per inskrywing. Vir die jongspan is daar hope vermaak met die KFC springkasteel asook Pottie’s se PaintBall teikenskiet en boeresport wat deur die loop van die oggend geskied. Die NG Kerk kosstalletjie sal hope verversings te koop aanbied en die genoegsame waterpunte op die baan wat deur Bertie Joubert Eiendomme tesame met TUKS swemskool, AIDA Eiendomme, RealNet Properties en Explipro geborg word sal sorg dat die fietsryers hidreer bly. Daar word sowat 150 tot 200 deelnemers verwag maar inskrywings vir laatslapers kan steeds vandag, Vrydag 19 Oktober om 17:00 tot 20:00 te Ben Alberts Natuur Reservaat en selfs Saterdagoggend voor die wedren vanaf 06:00 – 08:00 gedoen word. Kumba is hierdie jaar die hoofborg vir al die kontantpryse en vele ander pryse is ook op die spel. Vir navrae kan die organiseerder, Johan Pienaar, gekontak word by 082 468 0142.