Landloop Interhoër
THABAZIMBI – Hoërskool Frikkie Meyer se landloopspan het op Vrydag 24 Augustus aan die landloop interhoër wat by Hoërskool Ben Viljoen te Groblersdal plaasgevind het gaan deelneem. Uit die agt skole wat deelgeneem het uit die volgende gebiede nl Groblersdal, Ellisras, Naboomspruit, Nylstroom, Warmbad, Potgietersrus, Tzaneen en Thabazimbi, het HFM in die vyfde plek geëindig. Die uitslae is as volg, Junion seuns eindig 7de, Senior seuns 3de en die seuns eindig gesamentlik in die 6de plek. Junior dogters eindig 3de, senior dogters eindig 5de en die dogters eindig gesamentlik in die 4de plek. Die finale uitslag was dus dat Frikkie Meyer in die 5de plek was. Die individuele uitslae was Senior dogters wat uit 32 atlete bestaan het, Annette Dreyer in die16de plek, Lili van Deventer in die 18de plek, Elzette Joubert in die 20ste plek en Ans-Mari Potgieter in die 27ste plek. In die afdeling vir senior seuns wat uit 33 atlete bestaan het, lyk die uitslae as volg. Aaron in die 6de plek, CJ Roets in die 10de plek, Clifford in die 13de plek en Francois van der Westhuizen in die 14de plek. In die afdeling junior dogters wat uit 30 atlete bestaan het was Glenre van Rooyen in die 7de plek, Mariska Pretorius in die 9de plek, Natasha van Tonder in die 12de plek, Leonette van Rensburg in die 25ste plek, Marie Richter in die 28ste plek en Tessa Coetzer in die 29ste plek. Die uitslae van die afdeling junior seuns wat ook uit 33 atlete bestaan het lyk soos volg. Charles Groenewald in die 29ste plek, Mark van Zyl in die 30ste plek, Jason Jacobs in die 32ste plek en Hanro Human in die 33ste plek.