General

Kweektyd vir Goliat van Gat

Lente is hier en dit is weer haas tyd om die aanplantings te doen vir die jaarlikse provinsiale en nasionale Goliat van Gat pampoen-groei kompetisie. Hierdie heerlike kompetisie is vir almal: Klein en groot, kinders en grootmense, oumas en oupas. Solank jy ‘n 3.3m² stukkie grond beskikbaar het, kan jy die pitte plant. Dit blyk dat ‘professionele’ kwekers en beloof om weer baie aandag te trek. Die doelwit van die kompetisie is om op ‘n vrolike manier vir verbruikers te wys dat boere en landbouers noodsaaklik is vir voedselsekerheid. Die persone wat in die verlede van die pampoene geplant het, sal weet hoe moeilik dit is om pampoene te plant en veral, die klein pampoentjie te versorg totdat hulle in een van die ou grotes ontwikkel. Die Provinsiale wenners van die Maart glo een pit begin September plant, weer een begin Oktober en weer een begin November. Dit is nou om voorsiening te maak vir die onvoorsiene …. Die gewone kwekers plant drie pitte gelyk, een vir die wurm, een wat sommer net gaan vrek en een wat die wenner gaan lewer! Voornemende Goliat van Gat groeiers moet weet dat daar ‘n baie spesiale metode is om die ou grotes te plant en dan na hulle om te sien. Meer inligting kan verkry word op www.agri websa.com. ‘n Volledige ‘resep’ is beskikbaar om enige voornemende pampoenkweker in ‘n japtrap touwys te maak. Lede van die Vrouelandbou Unie (VLU) het aangedui het dat hulle die manne gaan aanvat en uitdaag om te kyk wie die grootste Goliat van Gat pampoen kan groei. Al die jongboere van TLU SA Noord word ook uit gedaag om deel te neem. Die jaarlikse Nasionale kompetisie groei jaarliks 2008 kompetisie sal weer soos gewoonlik deurdring tot die Nasionale Kompetisie. MNr. Jannie Jacobs, die onoorwonne kampioen van die Noordstreek, het aangedui dat hy beslis weer sy titel sal verdedig. Enige voornemende en vorige deelnemers moet weet dat Mnr. Jacobs dit een is om te klop. Die VLU gaan weer gevra word om geregte met pampoen as hoofbestanddeel te maak. Dit wil voorkom asof daar heelwat gevegte gaan wees om die finale beoordelaars te kies. Die 2007 Pampoengeregte was watertand lekker en het groot aftrek gekry. Dries Joubert, voorsitter van TLU SA Noord wat die kompetisie organiseer, het alle vorige en alle voornemende pampoenkwekers gevra om die Streekkantoor (015 – 297 3749) te skakel om van die pitte in die hande te kry. Hy het gesê dat die opbrengs vir liefdadigheid geskenk gaan word.