Finale Limpopo krieketproewe

THABAZIMBI – Laerskool Thabazimbi se krieket seuns het Vrydag 24 Augustus daarin geslaag om die streekspan te haal. Die 0/11 en 0/12 seuns gaan vandag, Vrydag 31 Augustus en Saterdag 1 September in Polokwane aan die finale Limpopo proewe deelneem. Die 0/13 seuns sal eers tydens die vakansie aan die finale proewe gaan deelneem. Op die foto is voor vlnr: Evan Jacobs, Armand Azar en Hendrik du Plessis, eerste ry vlnr Rudolf Human en Nico Tromp en agter vlnr Dyllon Colchester, Marthinus van de Berg, Gert Hefer en Marius du Preez.