Laerskool Platina se mini-krieket goed op dreef
SWARTKLIP – Die skool se leerlinge oefen hard vir die mini-krieket en sien baie daarna uit om hulle eerste wedstryd te kan speel. Hulle word bygestaan deur die Limpopo Krieket Unie wat die skool sal help met die verskaffing van die nodige toerusting vir die mini-krieket. Die wedstryde sal in Oktober plaasvind, op die velde van Laerskool Platina. Al die omliggende skole sal uitgenooi word om aan die wedstryde deel te neem. Hou die Kwêvoël dop vir verdere besonderhede. Alle belangstellendes kan Leon die organiseerder skakel by 083 602 7674. Laerskool Platina bedank ook alle deelnemers vir die belangstelling getoon tydens die gholf toernooi verlede Saterdag die 24ste Augustus. Daar was 42 inskrywings en die spelers het elkeen pryse ontvang.