Twee oud-Frikkies presteer by PUK
POTCHEFSTROOM – Twee oud-Frikkies, Marieza Coetzee en Liezl van der Berg, het hulself akademies onderskei deur tot die Golden Key International Honour Society toegelaat te word. Die Golden Key International Honour Society is die wêreld se grootste ere akademiese organisasie. Dit is ‘n nie-winsgewende organisasie wat al 30 jaar bestaan. Golden Key gee erkenning en lidmaatskap aan die 15% uitstaande voorgraadse universiteitstudente in alle studierigtings en dit is uitsluitlik gebaseer op objektiewe evaluering van akademiese prestasie. Golden Key is ‘n lid van IEASA en SAGRA, en het takke by 350 universiteite in Australië, Kanada, Nieu-Seeland, Suid-Afrika, die VSA, Maleisië en die Verenigde Arabiese Emiritate. Marieza Coetzee is ‘n derde jaar B.Ed. Intermediêre student en Liezl van der Berg is ‘n derde jaar MBWstudent aan die Noordwes Universiteit, Potchefstroom Kampus. Hierdie twee oud-Frikkies is albei inwoners van Heide Koshuis op die Puk Kampus.