Twaalf finaliste ding mee
LEPHALALE – Die 2007 Bosveldbal is op Vrydag 29 Junie 2007 in die Mogol Funksiesaal gehou. Die hoogtepunt van die jaarlikse Bosveldbal is jaarliks die kroningsplegtigheid van mej Bosveld. Twaalf finaliste het meegeding om die gesogte mej Bosveld titel, welke titel groot prestige waarde oor die jare gehandhaaf het. Vrydag se kompetisie was seker een van die strafste kompetisies in die 21 jarige bestaan van die Bosveldbal aangesien die standaard van baie hoogstaande gehalte was. Al die meisies was volwaardige deelnemer-finaliste en het die prestige geleentheid groot eer aangedoen. Die 21 ste Bosveldbal is vanjaar deur die Laerskool Ellisras met groot onderskeiding aangebied. Afgesien van die saal wat baie mooi versier was, het gaste hulself verlustig in die heerlike aandete soos voorberei deur Felicity Bezuidenhout en haar span. Elrize Alberts, ons eie voormalige Mej Tiener Wêreld was vanjaar verantwoordelik vir die Mej Bosveld kompetisie. Sy het soos verwag groot luister aan die prestige kompetisie verleen met haar taktvolle en professionele kundige optrede. Die uitslae met betrekking tot die Mej Bosveld kompetisie 2007 is soos volg: * Mej Persoonlikheid: Mariska Prinsloo * Beste loopplankmodel: Sunette de Villiers * Mej Fotogenies: Jeannie du Randt * Mej Bosveld 2007: Jeannie du Randt * 1 ste Prinses: Sunette de Villiers * 2 de Prinses: Panayota Galanakis