Besige tyd vir Northam Platinum hengelaars
NORTHAM – Die volgende paar naweke gaan redelik besig wees vir die hengelaars. Die volgende twee Baars kompetisies wat aangebied word sal aan die begin van Augustus wees. Op die 5de Augustus word die eerste een gehou en die prysgeld vir die swaarste Baars beloop R1000. Die volgende kompetisie word op die naweek van die 10de tot die 12 Augustus aangebied. Hierdie kompetisie gaan vir die hele naweek duur en begin reeds Vrydag om 16:00 en die inweeg vind op die Sondag die 12de plaas. Die naweek van die eerste September word daar ‘n kompetisie te Roodekoppies dam gehou. Indien enige van die hengelaars nog hemde of pette wil koop, daar is nog beskikbaar by die voorsitter. Vir enige verdere informasie kan Ronnie du Toit geskakel word by 073 665 8169. Hierdie naweek, 14de Julie, gaan daar eers ‘n paar verbeterings by die Konsentrator dam aangebring word. Daar gaan sement gegooi word by die ingang van die dam en braaigeriewe gaan by die lapa opgerig word en braaiers gaan by die dam aangebring word.