Neos atletiek presteer
KOEDOESKOP – Die Neos Privaat skool het deelgeneem aan ‘n atletiek byeenkoms wat verlede Saterdag te Tzaneen plaasgevind het. Agt ACE skole van die Limpopo Provinsie het aan die byeenkoms deelgeneem.
Neos se atlete het behoorlik stof in die ander skole se oë geskop en die punte beker met 145 punte meer as die naaswenners gewen. Neos wen ook die gees en gedragsbeker. Duart Malan en Anell van Niekerk is tydens die byeenkoms aangewys as die Victor- en Victrix Ladorum wenners. Eersteplek wenners was as volg:
Aneleen Schoeman O/17 diskus, Kosie Pieterse 1200m ope, Charisse van Niekerk O/19 gewigstoot en diskus, Duart Malan O/17 verspring; O/19 hoogspring; O/17 1200m en O/17 100m, Hannes van der Westhuyzen 100m ope; 200m ope; 800m ope; long jump ope; diskus ope en shotput ope, Mienkie le Roux O/17 gewigstoot en O/19 hoogspring,Terence Swemmer O/15 en O/17 gewigstoot en O/15 en O/17 diskus, Anell van Niekerk O/17 800m; 100m; verspring en hoogspring, Gerald Burger O/17 200m, Sasha-Lee Dyer O/15 hoogspring en gewigstoot, Shaun Nel O/15 hoogspring, Storm Leslie O/15 verspring, Chrisna du Plessis O/15 1200m en diskus en Ronwyn Malan O/15 1200m.
Ses van hierdie atlete is gekies om op 24 Februarie aan ‘n prestige byeenkoms vir die Limpopo Provinsie ACE-span deel te neem. Ses ander staats ondersteunde laerskole sal aan hierdie byeenkoms deelneem.