THABAZIMBI – ‘n Bekende inwoner van die dorp, mnr Fanie van Graan (56) is op 25 Januarie na ‘n kort siekbed in die Olivedale Kliniek, Johannesburg, aan hartversaking oorlede.
Fanie was ‘n sportgeesdriftige en het aktief aan gholf en rolbal deelgeneem. Hy en sy gesin het in 1981 vanaf Pietersburg na Thabazimbi verhuis waar hy al die jare werksaam was by Amandelbult. Ten tye van sy dood was hy die Finansiële Rekenmeester by dié myn.
Fanie laat sy vrou, Ansie, hul seun Stephan, sy dogter Lizet, skoonseun en kleindogter agter. Sy begrafnis het Maandag, 30 Januarie vanuit die Hervormde Kerk, Thabazimbi, plaasgevind.
Ansie en hul kinders wil die gemeenskap, familie en vriende opreg bedank vir al die ondersteuning, blomme en kaartjies wat hulle ontvang het.
