Vriendskaplike atletiek by HFM

THABAZIMBI – Hoërskool Frikkie Meyer het Vrydag, 3 Februarie hul eerste vrienskaplike atletiek byeenkoms vir die jaar aangebied. Die besoekende skole was Hoërskool- Middelburg, Lichtenburg, Warmbad en Ellisras.
HFM se 14 eersteplek atlete vir dié dag was Corne Botha (seuns O/17 –driesprong, verspring en hoogspring), Jaco Botha (seuns O/19 – driesprong en verspring), Lize de Villiers (dogters O/16 – 100m hekkies, 400m hekkies en spiesgooi), Sanlie van den Brink (dogters O/15 – 90m hekkies), Cherondie Oosthuizen (dogters O/15 – 100m), Nandi Jacobs (dogters O/17 – verspring), Arto Hermann (seuns O/14 – spiesgooi), JJ Smith (seuns O/14 – hoogspring). Die O/19 seuns aflosspan behaal ook ‘n eerste plek.
HFM atlete behaal ook 17-tweedeplekke en 16-derdeplekke tydens die byeenkoms.