General

Rekords spat by Interhuis gala

THABAZIMBI – Hoërskool Frikkie Meyer se Interhuis swem het Woensdag 25 Januarie plaasgevind met die Blouspan wat as die wenners seevier. Die Rooispan eindig tweede en wen vanjaar die sangbeker.
Tien individuele- en twee aflos rekords is by die geleentheid verbeter. Suzanne Janse van Rensburg verbeter die 50m vlinderslag, 50m kruipslag en 50m rugslag rekords. Rhoné Rheeders verbeter die 50m kruipslag, 50m rugslag vir dogters O/16 en die 200m IM ope dogters rekords.
Mareli Storm verbeter die 50m borsslag ope rekord vir dogters. John Johnston verbeter die 200m IM rekord vir junior seuns en Johann Coetzee verbeter die 50m rekord vir seuns ope en verbeter ook sy eie vorige rekord in die 200m IM met 8 sekondes.
Die senior Victor Ludorum is Johann Coetzee en die junior Victor Ludorum trofee gaan aan John Johnston. Die senior Victrix Ludorum word deur Rhoné Rheeders gewen en die junior Victrix Ludorum gaan aan Suzanne Janse van Rensburg.