HFM swemmers by Limpopo Skole Kampioenskappe
THABAZIMBI – Die HFM swemmers het op 20 en 21 Januarie aan die Limpopo Skole Kampioenskappe deelgeneem met medalje prestasies as volg:
Mareli Storm – silwer in 400m kruipslag en drie brons vir 200m bors-, 200m kruip- en 100m vlinderslag onderskeidelik. Jeanette Johnston – brons in 400m kruipslag.
Rhoné Rheeders – silwer in 200m vlinderslag en brons in 400m IM. Anri Prinsloo – goud in 100m borsslag en silwer in 50m borsslag.
Suzanne Janse van Rensburg – goud in 200m vlinderslag, silwer in 200m IM, 400m IM, 100m rugslag en 100m kruipslag onderskeidelik en brons in 100m vlinderslag. Christo Pienaar – goud in 50m borsslag, silwer in 200m en 100m borsslag onderskeidelik.
Johann Coetzee – silwer in 50m en 100m vlinderslag onderskeidelik. Jacques Stevens – brons in 50m en 200m borsslag onderskeidelik. Roswell Aspeling – brons in 50m rugslag. John Johnston – brons in 200m borsslag.
Die swemmers het altesaam 24 medaljes verower waarvan 3 goud, 11 silwer en tien brons was. Maréli Storm, Rhoné Rheeders, Anri Prinsloo, Suzanne Janse van Rensburg, Christo Pienaar, Johann Coetzee, Jacques Stevens, Dale Sylvanus en John Johnston haal die Limpopo Provinsiale Swemspan en gaan vanaf 2 tot 4 Maart aan die SA Kampioenskappe te Pretoria deelneem.