Nuwe studente by Laerskool Thabazimbi
THABAZIMBI – Laerskool Thabazimbi het verlede jaar aan drie studente vol studiebeurse verskaf. Die studente is voltyds besig met “indiensopleiding” by die skool, asook met hul buitemuurse studies by ‘n Universiteit.
Me Herma du Plessis en Maryn Kotzé het die nagraadse onderwyssertifikaat (NGOS) by Unisa verwerf. Me Kotzé het na Nieu-Zeeland verhuis en me Herma du Plessis het as nuwe personeellid begin.
Me Herma du Plessis is verantwoordelik vir die onderrig in Afrikaans (Gr 6) en Geskiedenis (Gr 7). Me Anmarie Prinsloo is tans nog besig met haar derde jaar BEd (Grondslagfase) deur Noordwes Universiteit.
‘n Verdere vyf onderwys studente het hul studiebeurse by die skool ontvang en het pas met hul opleiding begin. Me Reinette Steenekamp is tans besig met haar nagraadse onderwyssertifikaat (NGOS) deur Unisa, me Carycea Senekal, mnre Francois Botha, Kerneels Viljoen en Jaco Erasmus begin met Bed (Intermediêre en Seniorfase) deur Unisa. Die voordeel wat hierdie studente het, is dat hulle reeds volwaardige onderwysers sal wees wanneer hulle afstudeer het.