General

HFM lewer goeie matriek uitslae

THABAZIMBI – Hoërskool Frikkie Meyer het soos verlede jaar, weer matriekuitslae gelewer waarop die gemeenskap kan trots wees.
Uit die 131 matriek leerlinge van 2005, slaag 130 die eindeksamen. ‘n Slaagsyfer van 99,24%. 60 van hierdie leerlinge slaag met volle vrystelling. Die res van die Limpopo Provinsie se gemiddeld het gedaal, terwyl HFM sy standaard gehandhaaf het.
Vergelykings tussen die 2004/2005 uitslae as volg: In 2004 behaal 103 leerlinge A-simbole teenoor 139 in 2005. 116 behaal B-simbole in 2004 terwyl 139 B-simbole behaal in 2005. Die C-simbole word in 2004 en 2005 geëwenaar met 192 leerlinge.
HFM eindig onder die Top 40 skole in die provinsie en vir die tweede agtereenvolgende jaar lewer die skool die beste leerling in Engels HG, Maria Vos, in die provinsie. Annaret Snyman en Mizanne Karemaker behaal elk 6 A-simbole, Caroleé Reynecke 5 A-simbole en nege leerlinge eindig met 4 A-simbole elk. Die hoofseun van 2005, Dawid Snyman, stap ook weg met 5 onderskeidings en behaal 100% in Rekeningkunde.
Vakke en personeel wat goed presteer het is: Engels (me H Erasmus en me S van der Walt) 24 onderskeidings, Ekonomie (me E Human) 10 onderskeidings, Biologie (me M Pieterse) 9 onderskeidings, Wiskunde (me R Eloff) 8 onderskeidings, Natuur en Skeikunde ( me S le Roux en me R Lauffs) 7 onderskeidings, Rekeningkunde (me R Erasmus) 6 onderskeidings en Afrikaans (mnr J van Rensburg) 6 onderskeidings.